Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
LUKAS 19
Jesus en Saggeus
1Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. 3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”
6Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.
22 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min