
Lewenslank vir man wat tweejarige doodskiet
Loading player...
‘n Man wat in 2020 sy eksmeisie se tweejarige seuntjie in Vaalbank doodgeskiet het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. Vincent Chunky Phahlane is Donderdag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg gevonnis vir die moord op Akanyang Maite. Hy het die dag ook sy eks se tante gewond met die vuurwapen wat hy by sy pa gesteel het en het skote afgevuur by ‘n ander eksmeisie se werksplek, ‘n skool. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die addisionele vonnisse sal samelopend uitgedien word.