
Lig in tonnel met nuwe waterplan vir Govan Mbeki
Loading player...
Die DA het die onderneming van die burgemeester in Govan Mbeki-munisipaliteit verwelkom om die party se oplossing vir die waterkrisis te implementeer. Hele gemeenskappe, skole en selfs Bethal-hospitaal sukkel al geruime tyd met watertoevoerprobleme. Die DA-raadslid, Teboho Sekaledi, sê hul voorstel is dat grondwater gebruik word en behoorlike infrastruktuur ontwikkel word vir groter onafhanklikheid van Rand Water is goed ontvang. Hy sê die burgemeester, Nhlakanipho Zuma, prioritiseer daarmee die behoeftes van die gemeenskap bo kleinlike partypolitiek.