Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
JOHANNES 14
Jesus gaan na sy Vader toe
1“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.”
5Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?”
6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
26 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

LUKAS 13 Gelykenis van die onvrugbare vyeboom 6Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, 7sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom…
20 Feb 1AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

MATTEUS 15 15Petrus sê toe vir Hom: “Verduidelik tog vir ons die beeldspraak.” 16“Verstaan ook julle dit nog nie?” antwoord Jesus. 17“Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? 18Maar wat by die mond uitkom, kom…
19 Feb 1AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JOHANNES 15 Die ware wingerdstok 1“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die…
18 Feb 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

DEUTERONOMIUM 26 Die eerste opbrengs van die oes 1“Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit en jy daarin woon, 2moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land wat die Here jou God…
17 Feb 1AM 12 min