Lunch Punch: Vierde geslag Malherbe deel van Eikehof-wynplaas se 120 jaar lange geskiedenis

Loading player...
Eikehof Wynlandgoed skuil in die skadu van welige groen ou eikebome en die familie-wynplaas is geleë ten weste van die Franschhoek Village in die omgewing van La Motte. Hierdie versteekte juweel behoort al aan die Malherbe-familie sedert 1903. Vandag, 120 jaar later, is Francois Malherbe die 4de geslag wynmakers wat wyne maak in die einste kelder waar sy oupagrootjie dit gedoen het. Die plaas kry sy naam, Eikehof, van die wonderlike Old Oaks wat kenmerkend is van die plaas en die Kaapse Wynlandgebied.
5 Feb 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min