
Waarskuwing na leerling geneser in rivier verdrink
Loading player...
‘n 25-jarige leerling tradisionele geneser het gisteroggend by Majembeni Trust naby Bosbokrand verdrink. Volgens die polisie het drie mans saam met ‘n vroulike tradisionele geneser rituele in die Reênboogrivier uitgevoer. Die een man het onder die water verdwyn. Sy liggaam is na sowat drie ure deur polisieduikers na die oppervlak gebring. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê ‘n ondersoek is geloods.