Man wat glo plofstof aan onwettige myners verskaf bly in aanhouding

Loading player...
‘n 27-jarige Zimbabwiese burger bly in aanhouding na sy verskyning gister in die Barberton-landdroshof op aanklagte van die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Thaimo Ndlovu is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan onwettige myners verkoop te word. Sy sê die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.
5 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min