
Vier voor hof weens Eskom-bedrog
Loading player...
Vier beskuldigdes het gster in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Middelburg verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Daar word beweer dat Nontuthubo Surprise Mahweliri, ‘n onderhoudsbestuurder by Eskom se Hendrina-kragstasie, aan Eskom wanvoorgee het dat sy nié met die entiteit sake doen nie, terwyl sy 'n aandeelhouer was van twee maatskappye wat met die kragverskaffer sake gedoen het. Gevolglik het Eskom 'n verlies van meer as een-miljoen-Rand gely. Mahweliri word saam met Mokgawa Rebecca Sewela, ‘n direkteur van die een maatskappy, sowel as die twee maatskappye aangekla. Hulle is borgtog van 50-duisend-Rand toegestaan en die saak is tot 19 Februarie uitgestel. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi: