
Ondersoek na man in Sabie doodgeskiet word
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra enigiemand met inligting oor twee onlangse skietvoorvalle om na vore te kom. 'n Man in Sabie is gisteraand verskeie kere geskiet voor hy by die hospitaal beswyk het. Dit volg op ‘n skietery verlede Donderdag toe ‘n taxibestuurder in Kriel gewond is. Hy wakker geword van geluide buite en het deur die venster gekyk. Die verdagtes het skote afgevuur, waarvan verskeie hom getref het. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê niemand is nog aangekeer nie.