
Protesteerders sluit munisipale kantore Sabie
Loading player...
Die DA in Thaba Chweu moedig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, aan om gehoor te gee aan die griewe van inwoners wat vandag met protestoptrede alle dienslewering in Sabie lamgelê het. Raadslid Marvn Pillay sê die munisipale kantore is deur protesteerders van Nkamini and Simile gesluit na hulle ‘n memorandum van eise oorhandig het. Water- en elektrisiteitsvoorsiening blyk hul grootste eise te wees.