
19 vas vir mensehandel, onwettige immigrasie
Loading player...
19 mense verskyn Vrydag weer in die Middelburg-streekshof vir beweerde mensehandel en oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke is 17 jong Ethiopiese mans en twee Suid-Afrikaanse burgers verlede Woensdag op die N11 tussen Groblersdal en Middelburg gearresteer. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hulle was op pad na Midrand.