Petroljoggie wat glo kaarte kloon bly in aanhouding

Loading player...
'n Petroljoggie wat eersgister aangekeer is vir oortreding van die Wet op Kubermisdaad verskyn Vrydag weer in die hof. Sfiso Masuku is by die Ultra City N4 Middelburg deur die Valke gearresteer na ‘n interne ondersoek deur Absa en FNB op ‘n kaartlees-toestel tussen die joggies gedui het. Masuku is na bewering in besit daarvan gevind. Hy het vandag in die Middelburg-streekshof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die potensiële verlies wat gely is, word op sowat 400-duisend-Rand bereken.
6 Mar 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min