
DA lei optog teen besoedelde water in Ermelo
Loading player...
Die DA het vandag in Ermelo ‘n vreedsame optog gehou teen swak dienslewering deur Msukaligwa-munisipaliteit. Die party se provinsiale leier, Jane Sithole, sê die besoedeling van water wat aan inwoners voorsien word, was bo-aan die agenda. ‘n Memorandum met hul griewe is aan die Speaker oorhandig. Hulle het die ANC-administrasie 14 werksdae gegee om dit aan te spreek. Volgens Sithole sal hulle andersins betogings intensifiseer.