Boekkeuse - 12 March 24

--:--
In hierdie propvol aanbieding van Boekkeuse – FMR se gereelde geselsprogram oor skrywers en boeke - aangebied deur Amanda Botha:

Twee geliefde skrywers kuier in die Boekkeuse-ateljee. Anoeschka von Meck gesels oor haar jongste roman, Twa die tydloper, en Wendy Maartens, vertel meer oor haar jongste boek, Sankind Lees die wind.

Riette Rust bespreek Rudie van Rensburg se roman, Dwelm, en Joan Hambidge doen verslag oor die Marlene Dumas skildery van Elisabeth Eybers wat die wêreldberoemde skilder aan Kunsmuseum van die Universiteit Wits geskenk het.

Elmarie Waltman bied haar indrukke aan van Rene du Toit se kortverhaalbundel, Tee vir jou? En Karin Cronjé gesels met ons oor die Books on the Bay Boekfees wat volgende week in Simonstad aangebied word.
12 Mar Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekeuse - 28 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder: Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy…
28 Aug 56 min

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 30 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof…
30 Jul 56 min

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min