
DA bekommerd oor planne met Mpumalanga Varsproduktemark
Loading player...
Die DA is bekommerd dat die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga beplan om die Varsproduktemark oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur. Bosman Grobler van die DA sê MEGA se derde kwartaallikse verslag laat dit so voorkom en hulle het gister in die wetgewer vrae hieroor aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumeleleo Hlophe, gestel. Sy het aangedui sy sal binne sewe dae skriftelik daarop reageer.