Vrydag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
HAGGAI 1

2So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie.
3Toe het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: 4Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? 5Daarom, so sê die Here die Almagtige: Neem ter harte wat met julle gebeur.
6Julle het baie gesaai, maar min geoes;
julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie;
julle het gedrink, maar dors gebly;
julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie;
julle is soos 'n dagloner wat sy loon
in 'n stukkende beursie steek.
15 Mar 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min