
Mpumalanga polisie soek verdagtes wat man se hande afkap en daarmee vlug
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en hom in die voertuig in forseer het. Hulle het in ‘n bebosde gebied sy hande afgekap en daarmee gevlug. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, is die slagoffer deur sekerheidswagte gered.