
Besige paasnaweek op N4 verwag
Loading player...
Die komende Paasnaweek is die besigste tyd van die jaar op die N4 tussen Mpumalanga, Gauteng en Mosambiek. TRAC waarsku motoriste om hoë verkeersvolumes te verwag en hul reistye daarvolgens te beplan. Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder vir TRAC N4, verwag die besigste tye sal heeldag Donderdag, Vrydagoggend en Maandag 1 April wees.