
DA lê kriminele klagte oor besoedelde water in Carolina
Loading player...
Die DA het vanoggend by die Carolina-polisiestasie kriminele klagte gelê teen die burgemeester, Daniel Nkosi, en die stadsbestuurder, Ephraim Thabethe, van Chief Albert Luthuli-munisipaliteit vir oortreding van die Waterwet. Volgens die party gaan dit oor jarelange besoedeling van waterbronne met mynsuur in Silobela informele nedersetting, selfs na ‘n hof in 2012 beveel het dat hulle die probleem moet aanspreek. Die provinsiale leier, Jane Sithole, sê onlangs het rioolstortings verder tot die probleem bygedra.