
ActionSA veroordeel aanvalle op hospitaalpersoneel
Loading player...
Action SA het die aanvalle op en dreigemente teen gesondheidsorgwerkers by Themba-hospitaal in Kabokweni veroordeel. 'n Groep mense wat na bewering kontrakte met die hospitaal eis, het die afgelope weke personeellede gedreig en selfs aangerand. Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die hospitaal. Die provinsiale leier van ActionSA, Thoko Mashiane, sê hulle het aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, geskryf om te vra dat polisie ontplooi word. Sy sê die veiligheid van mediese personeel moet geprioritiseer word.