
Kommer oor Kaapsehoop se wilde perde
Loading player...
Die Kaapsehoop Wildeperdeforum is bekommerd oor die aantal wilde perde wat jaarliks doodgery word. In die jongste voorval is ‘n dragtige merrie Sondagaand deur ‘n motoris doodgery. Haar vulletjie het ook omgekom. Fourie sê hul getalle het sedert 2015 van ongeveer 150 meer as halveer. Volgens haar is dit deels te wyte aan perdesiekte, maar ook ongelukke – wat heeltemal vermybaar is.