Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
JOHANNES 12
Jesus word in Betanië met nardusolie gesalf
(Matt. 26:6-13; Mark. 14:3-9)
1Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus 'n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was. 3Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.
4Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: 5“Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?”
16 Apr 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 90 Van ewigheid tot ewigheid is U God 1'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. 2Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God! 3U laat die…
23 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 84 Hoe lief het ek u woning, Here 1Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm. 2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. 4Selfs…
22 Apr 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

NUMERI 6 Die priesterlike seën 22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: 24“Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede…
21 Apr 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

HEBREËRS 6 Die sekerheid van die belofte van God 13Toe God aan Abraham die belofte gemaak het, het Hy niemand groter as Hyself gehad by wie Hy dit met 'n eed kon bevestig nie. Daarom het Hy dit met 'n eed by Homself bevestig 14en gesê: “Ek sal jou beslis…
20 Apr 2AM 16 min