Spreeklewe - Psalm 121

Loading player...
PSALMS 121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
24 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Oppinuus - Willem Els oor fluitjieblaser beskerming

Annelie gesels met Willem Els van die instituur vir Sekerheids Studies oor Marius van der Merwe of soos hy in die Mhlanga kommisie bekend gestaan het Getuie D se Moord. Die wetgewing oor die beskerming van fluitjie blasers en wat moet gebeur om toekomstige getuies en fluitjieblasers te beskerm
11 Dec 20 min

Francois van Rensburg

Annelie gesels met Francois van Rensburg oor sy en Charlize Berg se nuwe Kersfees duet "Geseënde Kersfees" en kyk hoe goed hy ander kersliedjies ken
9 Dec 21 min