
Groot aksie om diere rondom Sabie te steriliseer
Loading player...
Die "Mass Animal Sterilisation Trust" in Sabie hou môre 'n groot fondsinsameling om die noodsaaklike diens wat hulle aan omliggende areas bied, te befonds. Debbie Moller sê inisiatiewe soos die “Yor-K9 Bark in the Park” help hulle om tydens uitreikaksies mense se troeteldiere te steriliseer. Sy sê hulle kon verlede jaar sewe aksies hou. Hulle kon tydens die twee sover vanjaar 46 diere regmaak. Besoek Sabie-MAST Mass Animal Sterilisation Trust vir meer besonderhede.