
Premier en polisiekommissaris monitor stemmery in Hendrina
Loading player...
Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu wat ‘n vry en regverdige verkiesing bedreig, moet gearresteer word. Manamela sê hulle is daaraan toegewyd om die vrede te bewaar tot die laaste stem môre uitgebring is.