
Mpumalanga premier trek haar kruisie in Witbank
Loading player...
Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend saam met duisende ander Suid-Afrikaners in die ry ingeval om haar kruisie te trek in die algemene verkiesing. Sy het haar stem in Emalahleni uitgebring. Sy sê die enigste probleem tot dusver met stemmery in die provinsie was voorvalle Maandag in Hendrina waar beamptes van die Verkiesingskommissie na bewering deur groepe mense geïntimideer is. Twee mense is gearresteer. Mtshweni-Tsipane sê hulle vertrou in die kommissie se goeie werk.