
Verdagtes gesoek na skietery in Hazyview
Loading player...
Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is. ‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant gebeur. Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee gewapende mans arriveer en op hulle losgebrand het. Die polisie vermoed die voertuig wat die verdagtes gebruik het is verlede maand in Bosbokrand gekaap. Geen arrestasies is nog gemaak nie.