
Polisie fnuik transitoroof met vinnige reaksie
Loading player...
‘n Poging om ‘n transitoroof uit te voer is Vrydagmiddag op die Mngwenya-pad in Kanyamazane buite Mbombela gefnuik, na polisielede spoedig gereageer het. Geen kontant is gesteel nie en niemand is leed aangedoen nie. Niemand is nog aangekeer nie. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die polisie werk onverpoosd om die aanvallers vas te trek. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli: