
Buitelanders vasgetrek weens R3m in vervalste banknote
Loading player...
Elf Ugandese verskyn vandag in die landdroshof in Ermelo in verband met die onwettige besit van vervalste geld met ‘n sigwaarde van drie-miljoen-Rand. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes, wat sakke by hulle gehad het, is Donderdag in hegtenis geneem. Mdhluli sê hulle het verdag opgetree en is voorgekeer, waarna daar op die vervalste geld afgekom is. Die verdagtes kon nie enige dokumente verskaf wat bewys dat hulle wettig in die land is nie. Mdhluli sê hulle sal in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake die verdagtes se status in die land vasstel.