
Beroep om Victor Khanye onder administrasie te plaas
Loading player...
Die DA doen ‘n beroep op die nuut-aangestelde LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Speedy Mashilo, om die Victor Khanye-munisipaliteit (in Delmas) onder administrasie te plaas. Diane Bath, die DA koukusleier, sê dit het aan die lig gekom dat die provinsiale tesourie die munisipaliteit se finansies fyn dophou, na sy skuldinvordering en kredietkontroles as ‘n bron van kommer geïdentifiseer is. Bath sê sy gesamentlike skuld van 1-miljard-Rand aan Eskom en Rand Water is nog ‘n groot bron van kommer.