DA eis plan vir leerlinge om drie weke se skoolwerk op te vang

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n brief gerig aan die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, om ‘n plan op te stel oor hoe leerlinge wat vir drie weke skool misgeloop het weens protesaksie oor dienslewering, hul skoolwerk gaan opvang. Annerie Weber, ‘n lid van die wetgewer en die DA se woordvoerder oor onderwys, sê 25 skole in die Kateel-kring in Bosbokrand is verlede kwartaal gesluit toe gemeenskapslede van Zoeknog in die laaste week van April begin protesteer het om ‘n geteerde pad te eis. Weber sê hulle beweer daar is vir pad begroot, maar die geld het verdwyn.
11 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min