Vrydag Oggenddiens - Ds Johan Marais

Loading player...
1 PETRUS 2
Die volk van God, gebou op die kosbare hoeksteen
1Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. 2Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. 3Julle het immers ondervind dat die Here goed is.
4Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. 5Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.

1 PETRUS 3
Die gedrag van man en vrou teenoor mekaar
(Vgl. Ef. 5:22-32; Kol. 3:18-19)
1-2Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n
12 Jul 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min