Man moet 20 jaar sit na hy sy verloofde skiet

Loading player...
Die KwaMhlanga-streekhof het die 43-jarige Gladstone Sipho Mahlangu tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy verloofde en poging tot moord op haar kêrel in 2019. Hy het lobola aan Siphiwe Mavis Mokoena se familie betaal en hulle het twee kinders saam. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het hy haar saam met 'n ander man gevind en 'n woordewisseling het ontstaan. Mahlangu het beweer hy het haar per ongeluk en die man uit selfverdediging geskiet. Sy weergawe is deur die hof verwerp.
15 Jul 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min