DA blameer kaderontplooing vir vakatures in Thaba Chweu-munisipaliteit

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu eis dat die LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, ingryp om te verseker die groot gros vakante poste in die munisipaliteit word spoedig gevul. Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, sê 130 poste is ongevul, ‘n groot toename sedert die vorige finansiële jaar. Dit sluit in finansies, tegniese-, en gemeenskapsdienste. Opperman sê hulle is in kennis gestel dat die owerheid swoeg om kandidate se ervaring te verifieer, wat hy toeskryf aan die ANC se beleid van kaderontplooiing.
16 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min