Moordenaar addisioneel gevonnis vir bedrog

Loading player...
’n Man wat 36 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy meisie is gister deur die Evander-landdroshof nog ’n effektiewe vonnis van 15 jaar opgelê vir bedrog. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het Sandile Kagiso Montsoe tussen April en Augustus 2016 meer as 1-miljoen -Rand van beleggers verduister. Altesaam 120 aanklagte is teen hom en die maatskappy aanhangig gemaak. Trillion Dollar Legacy boetes opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Montsoe se vonnis sal samelopend met die bestaande een uitgedien word.
17 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min