Vermeende renosterstroper aangekla weens belasting-ontduiking

Loading player...
‘n Man wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstroping-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belasting-administrasie. Volgens die Valke het Joseph “Big Joe” Nyalungu en sy vrou, Dudu Alicia Mathumbu, in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle word saam met hul maatskappy, Mjingo Projects and Transport Services, daarvan beskuldig dat hulle tussen 2011 en 2023 nie inkomstebelasting betaal het nie, met die beraamde uitstaande bedrag wat geraam word op 13-miljoen-Rand. Elkeen is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 12 Augustus.
31 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min