Polisiekonstabel doodgeskiet in Kamhlushwa

Loading player...
‘n Man wat aangekla word van die moord op ‘n polisiebeampte in Kamhlushwa verskyn Maandag weer in die Nkomazi-landdroshof. Die 34-jarige Konstabel Richard Thando Thani is Vrydagaand doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy was van diens af toe daar ‘n argument ontstaan het oor sy selfoon. Nog ‘n man wat nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond en twee mans wat gewond is word in die hospitaal behandel. Leonard Manzini staar twee moordklagte sowel as twee aanklagte van poging tot moord in die gesig. Hy bly in aanhouding.
31 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min