Mpumalanga premier beloof groot belegging in infrastruktuur

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het tydens sy provinsiale rede vandag beloof om die provinsie in ‘n bouterrein te omskep en miljarde Rande aan infrastruktuur te bestee. Die DA in die provinsie het die aankondiging verwelkom. Die party se koukus-leier in die wetgewer, Bosman Grobler, sê hy het ook 400 behuisings-geleenthede beloof, sowel as die bou van 20-duisend individuele eenhede en diensverskaffing aan 25-duisend lokale. Die DA is egter teleurgesteld dat hy nie MEGA gaan ontbind, ‘n nuwe polisiestasie in Pienaar bou of ‘n skool vir Blindes en Dowes oprig nie.
31 Jul 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min