Donderdag Oggenddiens - Johannes de Waal

Loading player...
MALEAGI 1
1'n Uitspraak van die Here.
'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.
Esau en Jakob
2Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?”
Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad 3en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.
4As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.
5Julle sal dit met julle eie oë sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die grense van Israel.”
1 Aug 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HANDELINGE 17 28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’ 29Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is…
22 Aug 2AM 14 min

Woensdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 10 7Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word…
20 Aug 2AM 13 min