16 Mosambiekse vroue in Barberton gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet

Loading player...
16 Mosambiekse vroue is gister in die Barberton-landdroshof skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, was hulle na vermoede onderweg na Johannesburg toe hulle Vrydagaand by Kaapmuiden aangekeer is sonder paspoorte of permitte om in die land te wees. Hulle is elkeen met 2-duisend-Rand beboet of ses maande tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het verder gelas dat hulle dadelik na Mosambiek gedeporteer word. Die 15 manlike beskuldigdes wat saam met hulle aangekeer is, verskyn weer op 20 Augustus in die hof.
14 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min