Deon Lamprecht - Bloedbroers

Loading player...
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” - Marco Caforio, ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende 'n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep 'n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met 'n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.

Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en 'n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in 'n Ratel wat deur 'n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
2 Sep 2024 English South Africa Books · Society & Culture

Other recent episodes

Pagecast at OBF 2026: Kirsten Deane and Letlhogonolo Mokgoroane in conversation

For the final recording on Saturday, Kirsten Deane joins Letlhogonolo Mokgoroane in the Pagecast studio at Open Book Festival 2026. Kirsten Deane is the lead editor of English Alive, South Africa’s oldest publication for high school students. Her writing has been published in journals nationally and internationally, and her debut…
5 Sep 16 min

Pagecast at OBF 2026: Lọlá Ákínmádé and Dr Alma-Nalisha Cele in conversation

Next up in the Pagecast studio at Open Book Festival 2026, Dr Alma-Nalisha Cele is joined by bestselling author, keynote speaker and award-winning photographer Lọlá Ákínmádé. Lọlá's work has appeared in National Geographic, BBC, CNN, The Guardian, The Sunday Times Travel, The Daily Telegraph, The New York Times and Lonely…
5 Sep 13 min

Pagecast at OBF 2026: Krystle Zara Appiah and Dr Alma-Nalisha Cele in conversation

Joining Dr Alma-Nalisha Cele next in the Pagecast studio at Open Book Festival 2026 is Krystle Zara Appiah, a British-Ghanaian writer, editor and screenwriter based in London. In 2020, Krystle was one of 40 writers selected for the London Library’s Emerging Writers Programme. Her debut novel, Rootless, was highly acclaimed,…
5 Sep 17 min

Pagecast at OBF 2026: Jessica Horn and Dr Alma-Nalisha Cele in conversation

Joining Dr Alma-Nalisha Cele in the Pagecast studio at Open Book Festival 2026 is (East) African feminist practitioner, writer, ideamonger and award-winning poet, Jessica Horn. Her book, African Feminist Praxis: Cartographies of Liberatory Worldmaking (Sage, 2025), chronicles decades of feminist mobilisation. Taking her archival passion into film, she recently directed…
5 Sep 15 min