Ep. 17 | Amerika die verloorder in Trump-Harris-debat

Loading player...
In die aanloop tot die debat was dit duidelik dat Harris se wittebroodsdae verby is en dat die stryd tussen haar en Trump weer kop aan kop verloop. In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons die aanloop tot die debat, die hoogtepunte en laagtepunte van die debat en wat elke kandidaat reggekry en nie reggekry het nie.
Chapters
  • 00:00 Stand van die Amerikaanse verkiesing
  • 06:36 Die deurslaggewendheid van Philadelphia
  • 08:53 Trump en Harris en eerste ontmoeting en debat
  • 23:16 Gevolge vir die verkiesing
  • 26:42 Wat Trump en Harris nou moet doen
  • 28:06 Die kieskollege is allesbepalend
  • 33:59 Nog ʼn debat?
  • 36:00 ʼn Nuwe Republikeinse generasie
12 Sep 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
30 Jul 19 min

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min