Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

--:--
ROMEINE 3

Niemand is regverdig nie
9Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sonde is. 10Daar staan immers geskrywe:
“Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie,
11daar is nie een wat verstandig is nie;
daar is nie een wat na die wil van God vra nie.
12“Almal het afgedwaal,
almal het ontaard.
Daar is nie een wat goed doen nie,
selfs nie een nie.
13“Hulle keel is 'n oop graf,
met hulle tonge bedrieg hulle.
Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange,
14hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
15“Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet.
16Hulle laat 'n spoor van verwoesting en ellende agter.
17Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie,
18ontsag vir God het hulle nie. ”
19Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. 20Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is.
22 Sep 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Buks van Staden

MATTEUS 14 30Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” 31Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” 32Hulle het toe in die skuit geklim, en die…
7 Oct 2AM 13 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 15 25“Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. 26Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is. 27Die bediende antwoord: ‘U broer het gekom, en u…
6 Oct 1PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 15 17“Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig!…
6 Oct 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
5 Oct 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

1 JOHANNES 1 Die Woord wat die Lewe is 1Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het…
4 Oct 2AM 19 min