Liggame van vermiste mans in Louw's Creek ontdek

Loading player...
Die liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame in die onherbergsame area met behulp van motorfietse herwin. Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het 'n veewagter en sy hond uitgesonder vir hul hulp in die soektog. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die omstandighede rondom die mans se dood word ondersoek.
23 Sep 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min