DA versoek hulp van regering na tornado Machadodorp tref

Loading player...
Die DA in Emakhazeni-munisipaliteit doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om in te tree en gemeenskappe wat deur 'n tornado getref is, by te staan. Amanda Botha, ‘n DA-raadslid in Emakhazeni, sê swaar reën en wind het Waterval-Boven, Waterval-Onder en Machadodorp die naweek getref en 'n spoor van verwoesting gesaai met aansienlike skade aan huise en sake-ondernemings. Daar was ook skade aan elektriese infrastruktuur in Machadodorp en aansienlike skade is aan strukture se dakke aangerig.
1 Oct 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min