Politikus in Schoemansdal geskiet en gewond

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval gisteraand in Schoemansdal waartydens ‘n man, wat hulle slegs as ‘n bekende politikus in die Nkomazi-area geïdentifiseer het, verskeie kere geskiet is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die man het saam met ‘n ander tuis arriveer. Hy het voor die ingangshek gestop om dit oop te maak toe ‘n gewapende man verskyn het. Hy is verskeie kere geskiet, hoewel hy na veiligheid probeer vlug het. Die verdagte kon van die toneel af vlug. Mdhluli sê die slagoffer veg om sy lewe in die hospitaal.
2 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min