DA raak nou baie moeg vir swak abulansdienste

Loading player...
Die DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman Grobler, sê dit het die norm geword dat ambulanse laat by noodgevalle opdaag. Hy sê 'n tekort aan ambulanse is 'n probleem wat vererger word deur die Mpumalanga-departement se besluit om eerder 'n gesentraliseerde kommunikasiesentrum op te rig, as 'n rekenaargesteunde versendingstelsel vir nooddienste - soos wat aanbeveel is.
3 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min