SOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoek

Loading player...
Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale tesourie-riglyne voldoen het. Volgens Bosman is dit kommerwekkend dat dit die tweede proklamasie is wat die President binne twee jaar onderteken het.
7 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min