Premier loods pad-instandhoudings-projek

--:--
Die Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend 'n massiewe padinstandhouding-intervensie-program, "Kubhunya Lutfuli" in Belfast van stapel gestuur. Die provinsie-wye program fokus op die versnelling van padinstandhouding om toegang te verbeter, deur die integrasie van hulpbronne op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Dit vorm deel van die provinsie se reeks aktiwiteite Oktober om Vervoermaand te vier.
7 Oct 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

SOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoek

Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale…
7 Oct 8AM 1 min

Slagoffers genooi om afpersing by polisie aan te meld

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds…
4 Oct 8AM 1 min

Kragstasie-werknemer vasgetrek weens diefstal van koperkabels

‘n 36-jarige hoofinspekteur by die Tutuka-kragstasie is gister aangekeer weens die diefstal van koperkabels. Dit volg op die arrestasie vroeër die week van vier verdagtes in verband met die diefstal. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang van ‘n vragmotorbestuurder wat die…
4 Oct 8AM 1 min

DA raak nou baie moeg vir swak abulansdienste

Die DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman…
3 Oct 8AM 1 min

DA hoop MEGA kry nie beheer oor Nkomazi SEZ nie

Die DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA…
3 Oct 5AM 1 min