Lunch Punch: Tamlyn Wessels oor Klein Bietjie

Loading player...
Tamlyn Wessels het 'n siekte (Guillain Barré sindroom) wat haar verlam gelaat het oorwin en nou jaag sy haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is super opgewonde om haar enkelsnit “Klein Bietjie” op 4 Oktober bekend te stel.

“Klein Bietjie” gaan oor twee mense wat mekaar vir die eerste keer sien by ‘n dansvloer en te skaam is om mekaar te vra vir ‘n dans. Uiteindelik besluit die meisie sy het lank genoeg gewag vir die ou om haar te vra vir ‘n dans en gaan vra hom self. Maar sy het dalk nog ‘n klein bietjie wyn nodig om braaf te genoeg te wees.

"Ek dink die liedjie bring iets nuut in die sokkie genre omdat dit die meisies aanmoedig om dinge in eie hande te neem en braaf genoeg te wees om soms ook seuns te vra om te dans. Ek is beslis 'n kansvatter so die liedjie pas goed by my persoonlikheid", vertel Tamlyn.

Hierdie jong, moderne pop-country liedjie is geskryf deur Tamlyn en Emil Paul. Die liedjie is vervaardig deur Rian Swanepoel van RS Studios en perfek vir die dansvloer.

“Klein Bietjie” leen ook die koor van Anton Goosen se bekende treffer “Klein Bietjie Wyn” wat dié liedjie van die begin af bekend laat voel.
4 Oct 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min